NK polisie skep meer bewustheid tydens #16DaeVanAktivisme

0

Met die einde van die 16 dae van aktivisme veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders in sig, het die Noord-Kaapse polisie begin om meer bewustheid rondom die sosio-ekonomiese kwessie te kweek.

“Verskeie padversperrings dwarsoor die provinsie, word deurlopend uitgevoer as deel van die polisie se veiliger feesseisoen-operasies – en om die bewustheid te verhoog teen vroue- en kindermishandeling.”

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat die polisie in die provinsie ‘n nulverdraagsaamheid ten opsigte van misdaad volg, en dring daarop aan dat gemeenskappe saam moet werk in die stryd teen misdaad.

Dit terwyl die land steeds die 16 dae van aktivisme veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders herdenk.

Hy bevestig verskeie gemeenskapsbetrokkenheidsessies en padblokkades is regoor die provinsie aan die gang, om meer bewustheid te skep oor padveiligheid, drank- en dwelmmisbruik, geslagsgebasseerde geweld en ander vorme van misdade.

Ramatseba sê die polisie in die provinsie sal geen steen onaangeroer laat in die bekamping van misdaad nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.