NK polisie waarsku inwoners teen misdaad hierdie feestyd

0

Die Suid Afrikaanse polisiediens in die Noord-Kaap het ‘n streng waarskuwing aan die publiek uitgestuur, teen enige vorm van misdaad in die provinsie.

Noudat landsburgers ‘n langverwagte feestyd verwag, word ‘n toeloop van reisigers op die land se paaie verseker.

Die polisie in die provinsie het dit dus ernstig geag om ‘n beroep op inwoners te doen, om die wet ten alle tye te gehoorsaam.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het benadruk dat veiliger feesseisoen-operasies aan die gang is en verskerp sal word.

Ramatseba bevestig dat daar ‘n groot polisiesigbaarheid en ‘n aantal padblokkades in die provinsie sal wees, in pogings om misdaad te beveg.

Hy het herhaal dat die polisie geen misdaad sal duld nie.

“Diegene wat nie die COVID-19 veiligheidsmaatreëls nakom nie, kan inhegtenisneming in die gesig staar.”

Ramatseba het in ‘n amptelike persverklaring bygevoeg dat die polisie se padblokkades dwarsoor die provinsie, nie net daarop gemik is om padveiligheid te verseker nie.

Die padblokkades gaan verseker dat geen gesteelde goedere vervoer word nie en dat motoriste die padverkeerswet nakom.

Die polisie gaan ook verseker dat alle motoriste die rampbestuur regulasies nakom.

Sy verklaring kom enkele dae nadat president Cyril Ramaphosa strenger beperkings aangekondig het, om die verspreiding van die koronavirus hierdie feestyd hok te slaan, insluitend beperkings op die verkoop van alkohol en ‘n aandklokreël.

Leave A Reply

Your email address will not be published.