NK Premier besoek Namakwaland

"Die Namakwa-distriksmunisipaliteit in samewerking met die provinsiale regering is tans besig om ‘n SEZ (special economic zone) te proklammeer. "

0

Die Premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul het in samewerking met verskeie munisipaliteite  verskeie dele van die provinsie besoek om ekonomiese groei te identifiseer.

As deel van Saul se besoek het die Uitvoerende Burgemeester van die Namakwa-ditrik, Mnr Mervin Cloete,  ook insig gelewer oor die huidige stand van sake van KOVID-19 in diè distrik.

Cloete is gemoeid met die gesamentlike operasiesentrum wat verlede jaar op die been gebring was met die begin van die pandemie.

Die bevelsraad was bekommerd oor die KOVID-19 uitbreek in die Hantamarea wat gelei het tot die sluiting van vier skole in die plaaslike munisipaliteit.

Volgens Cloete het veral kerke  ‘n houding ingeneem deur nie die gesondheidsprotokols nougeset na te volg nie.

Verder het hy gemeenskappe gemaan om versigtig te wees.

Cleote versoek dat die gemeenskappe verantwoordelikheid moet neem teenoor die virus, veral skoliere, ouers en die departement van onderwys.

Die  Premier het ook ‘n besoek aan die Namakwa-distrik en die Richtersveld plaaslike munisipaliteit gelewer as deel van ‘n provinsiale program om ekonomiese ontwikkeling te realiseer.

Die Namakwa-distriksmunisipaliteit in samewerking met die provinsiale regering is tans besig om ‘n SEZ (special economic zone) te proklammeer.

Hierdie aansoek moes reeds teen einde Maart ingedien wees vir die nodige goedkeuring.

Die Boegoebaaihawe-projek was ook ter sprake.

Cloete het ook bygevoeg  dat die plaaslike en die provinsiale regering ‘n omgewing kan skep waar plaaslike besighede bemagtig kan word.

Port Nolloth maak ook deel uit van die kleinskaalse hawe-opgradering as deel van die finansiële investering in diè kusdorp.

Nog ‘n projek wat ook ter sprake  was, is die rooibosfabriek in Nieuwoudtville.

Saul het vergader met die sakepraktisyn wat  onlangs aangestel is, kleinskaal rooibostee, kleinboere en die fabriekbestuurder.

Kwessies was aangespreek en hopenlik sal daar gou terugvoering wees oor die provisiale regering  se toekomsplanne om die teefabriek te red.

Daarna is die premier na die sterrewag in Sutherland om te sien wat die impak van diè projek op die Sutherlandgemeenskap het.

Hy het ook met die betrokke burgermeester en raadslede vergader in die omgewing en skole besoek.

Die Orion Myngroep het ook ‘n voorlegging gedoen in die provinsiale regering oor hul voorgestelde planne vir spesifiek Namakwaland.

Mnr Cloete het ook ‘n versoek gerig aan die munisipaliteit om prosesse in plek te kry ten einde maksimum voordeel te trek uit die ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap.

Leave A Reply

Your email address will not be published.