NKOD personeel Inenting verloop seepglad in die Noord-kaap

"NKOD is hoopvol dat meer onderwyspersoneel die inentings sal neem."

0

Die Noord-Kaape Departement van Onderwys (NKOD) is tevrede met die manier waarop die inentingsprogram in die provinsie begin het.

Alhoewel die provinsie die laagste inentings in die land aangeteken het, moet daar ook in gedagte gehou word dat hul die laagste aantal personeelede in vergelyking met ander provinsies het.

Die departement kan aandui dat hul op die eerste dag altesaam 735 inentings aangeteken het.

Daar is 29 inentingsentrums in die Noord-Kaapprovinsie gevestig, met tans 16 inentingspersele wat ten volle in werking is en die ander 13 persele sal vandag en môre open.

Alhoewel die inenting vrywillig is, wil die departement opvoeders aanmoedig om die entstof te neem en moontlike huiwering te oorkom.

Dit is ‘n bron van kommer vir die departement, aangesien die program daarop gemik is om die lewens van opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole teen KOVID-19 te beskerm.

Hierdie pandemie het ‘n groot negatiewe impak op onderrig en leer in skole gehad, en die departement se  herstelplan vereis dat opvoeders en ondersteuningspersoneel daagliks by skole moet wees.

Die departement weet dat die inentingsproses deeglik is en dat die inenters sorgsaam en empaties is en gereed is om alle gesondheidsorg rakende die inenting teen J&J te beantwoord.

Na die inentings word daar kontrole gehou en advies word gegee oor wat om te doen as hulle enige probleme het.

Die departement glo dat die inenting sal bydra tot ‘n bevorderlike omgewing en stabiliteit in die Onderwys.

Die departement wil opvoeders daaraan herinner dat meer as 9000 gesondheidswerkers die eerste entstof ontvang het.

Leiers in onderwyskantore, vakbonde vir onderwysers en baie skoolhoofde en onderwysers het leierskap geneem deur die entstof te neem met die begrip dat newe-effekte minimaal is, in vergelyking met die pyn, hospitalisasie en dood as gevolg van KOVID-19.

NKOD is hoopvol dat meer onderwyspersoneel die inentings sal neem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.