NKOD vier Wêreldonderwysersdag

"Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Noord-Kaapse Onderwysdepartement, sê dat onderwysers is die kern van die onderwysstelsel."

0

Die Onderwysdepartement in die Noord-Kaap (NKOD) hou jaarliks op 5 Oktober saam met die res van die wêreld Wêreldonderwysersdag.

Die invloed van ‘n merkwaardige onderwyser kan nooit uitgewis word nie.

Merkwaardige onderwysers is die siel van ‘n verligte samelewing wat tot welvaart lei.

NKOD vertrou aan die onderwysers die kosbaarste geskenk wat hul, in hul lewe ken, die kinders.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Noord-Kaapse Onderwysdepartement, sê dat onderwysers is die kern van die onderwysstelsel.

Onderwysers neem op hulself om te begelei, en skep die tyd en ruimte vir leerders om hulself, hul sterk- en swakpunte en selfs belangstellings en passies beter te verstaan.

Hulle weet dat dit belangriker is vir ‘n kind om ‘n selfversekerde, empatiese en veerkragtige individu te word – al die eienskappe wat ‘n volledige persoon maak.

“Onderwysers is ons nasiebouers; die sterkte van elke beroep in ons land hang af van die kennis en vaardighede wat onderwysers help om by ons leerders in te boesem. Ons salueer ons onderwysers vir hul vertoning van patriotisme, toewyding en passie, meestal onder moeilike omstandighede,” het van der Merwe gesê.

Die NKOD bedank en waardeer die onderwysers wat hul lewens wy om kinders te inspireer.

Hulle verander elke dag lewens en maak die wêreld ‘n beter plek, een leerder op ‘n slag, een dag op ‘n slag.

Hy sê dat onderwysers moet weet dat hulle ‘n verskil maak en waardeer word.

Gelukkige Onderwysersdag.

Leave A Reply

Your email address will not be published.