NOCCI verwelkom die skuif na aangepaste vlak-3 inperking

0

Die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (NOCCI), het President Cyril Ramaphosa se aankondiging, dat hy die land op ‘n aangepaste vlak-3 inperking geplaas het, verwelkom.

Die organisasie sê die president het baie hard probeer om landsburgers tegemoet te kom, omdat hy en sy kabinet al vir maande lank sukkel om die kommerwekkende verspreiding van COVID-19 te bekamp.

“Suid-Afrika het ‘n paar weke gelede sy tweede golf van infeksies binnegegaan en die een miljoen-kerf in die infeksietal nèt na Kersfees oorskry.”

Byna 500 pasiënte het in die afgelope verslagtydperk van 24-uur, hul lewens aan COVID-19 verwante komplikasies verloor.

NOCCI se uitvoerende hoof, Sharon Steyn, sê hoewel hulle die president se toespraak verwelkom, sal dit moeilik wees vir die gasvryheidsektor.

Steyn sê dat hulle die besluit deur die president verstaan en verwelkom, alhoewel sekere industrieë nog uitdagings met die nuwe aangepaste vlak 3 regulasies mag ondervind.

Steyn het in ‘n stemnota die volgende te sê gehad:

Leave A Reply

Your email address will not be published.