Nóg 10 COVID-19 verwante sterftes in NK bevestig

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister nóg 10 nuwe COVID-19 verwante sterftes in die Noord-Kaap bevestig.

Sewe van dié sterftes is in die Sol Plaatje munisipale gebied aangemeld, terwyl twee van Gamagara en een uit Kai! Garib is.

“Dit bring die totale aantal sterftes in die Noord-Kaap op 116 te staan.”

Ondanks die groot toename in sterftes, het die provinsie een van die laagste daaglikse toenames in die aantal positiewe gevalle gehad, met slegs 58 nuwe gevalle.

25 Hiervan is in die Sol Plaatje-omgewing aangemeld.

Altesaam 9 375 positiewe gevalle is tot dusver in die Noord-Kaap aangeteken.

6 381 Persone het alreeds herstel, terwyl 2 878 pasiënte nog steeds die virus onder lede het.

Hierdie statistieke dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 69%, terwyl die land tans ‘n herstelkoers van 84% het

Die munisipale gebied met die laagste aantal positiewe gevalle is Kamiesberg-area, waar slegs twee positiewe gevalle aangemeld is, terwyl Karoo Hoogland slegs ses gevalle het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.