Nóg 11 nuwe COVID-19 gevallle in die Namakwa-distrik bevestig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het nóg 11 nuwe gevalle van COVID-19, in die Namakwa-distrik bevestig.

Sewe hiervan kom vanuit die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik.

Die totaal bevestigde gevalle staan tans op 213, waarvan 103 persone alreeds genees is.

“Dit laat Nama-Khoi met ‘n totaal van 110 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Die Richtersveld plaaslike munisipaliteitsdistrik het twee nuwe gevalle aangeteken, terwyl Kamiesberg en Hantam elk een nuwe geval bevestig het.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het 224 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die totaal bevestigde gevalle staan tans op 11 923.

Die aantal herstellings staan tans op 7 717, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 74%.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

In Suid-Afrika was daar 1 633 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal positief bevestigde gevalle op 638 517 te staan bring.

Die nasionale sterftesyfer het 14 889 bereik (‘n toename van 110), terwyl herstellings tot 563 891 gestyg het.

Dit laat Suid-Afrika met ‘n totaal van 59 737 aktiewe gevalle het.

Die nasionale herstelkoers het gestyg tot 88%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.