Nóg drie nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi bevestig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister in sy gebruiklike toespraak, drie nuwe positief bevestigde gevalle van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld.

Die totaal bevestigde gevalle in die Nama-Khoi regsgebied staan tans op 238, terwyl 180 persone die virus geklop het.

“Dit laat Nama-Khoi met ‘n totaal van 58 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het intussen 268 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

“Hierdie nuwe toevoeging in positief bevestigde gevalle, bring die kumulatiewe totaal op 13 391 gevalle te staan.”

Die aantal hertsellings staan tans op 10 196, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 77%.

Die sterftesyfer staan steeds op 165.

Dit laat die provinsie met 3 028 aktiewe gevalle van die virus.

Die COVID-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 579 nuwe gevalle gestyg.

Daar is nou ‘n totaal van 649 793 positiewe gevalle in die land.

Daar is 577 906 persone van die virus genees en 15 447 sterftes.

Die herstelkoers in Suid-Afrika staan nou op 88.9%

Leave A Reply

Your email address will not be published.