Nóg drie nuwe gevalle van COVID-19 in Nama-Khoi

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik is steeds die brandpunt in die Namakwa-distrik, toe nóg drie nuwe gevalle bevestig is. ”

Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het tot op hede 188 gevalle bevestig, waarvan 102 alreeds van die virus herstel het.

Dit laat Nama-Khoi met 86 aktiewe gevalle en geen sterftes.

Daar is ook een nuwe geval in die Khai-Ma plaaslike muinisipaliteitsdistrik bevestig en een in die Richtersveld plaaslike munisipaliteitsdistrik.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat ‘n totaal van 11 020 mense in die Noord-Kaap, tot op hede positief getoets het vir COVID-19.

Die provinsie het ‘n toename van 190 gevalle in die afgelope 24-uur getoon.

Die streftesyfer staan tans op 134, terwyl 7 420 pasiënte alreeds genees is van die virus.

Die totale aktiewe gevalle in die provinsie is 3464.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika

Die minister het bygevoeg dat daar in Suid-Afrika, 2 336 nuwe gevalle bevestig was, wat die totaal bevestigde gevalle op 630 595 te staan bring.

Sterftes het 14 389 bereik (‘n toename van 126), terwyl die herstelsyfer tot 553 456 geklim het.

Dis laat die land met ‘n totaal van 62 750 aktiewe gevalle van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.