Nóg ’n dwelmhandelaar vas in Kimberley

0

Die polisie in Kimberley, met behulp van hul honde-eenheid het die lente-seisoen behoorlik afgeskop, deur ’n 28-jarige man in hegtenis te neem, op ‘n klag van dwelmhandel.

Gistermiddag het die honde-eenheid ’n soektog uitgevoer by ’n huis in Cam Kiddiestraat op Rhodene, buite Kimberley.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die lede khat, tik en nog ander tipe dwelms ontdek het.

“Die middels is onmiddelik gekonfiskeer en dit het geskatte straatwaarde van R2 500 gehad.”

Twee selfone is ook gekonfiskeer.

Die beskuldigde verskyn na verwagting binnekort in Kimberly se landdroshof.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.