Nóg twee nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi bevestig

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik is steeds die brandpunt in die Namakwa-distrik, toe nóg twee nuwe gevalle bevestig is. ”

Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het tot op hede 180 gevalle bevestig, waarvan 96 alreeds van die virus herstel het.

Dit laat Nama-Khoi met 84 aktiewe gevalle en geen sterftes.

Daar is ook een nuwe geval in die Khai-Ma plaaslike muinisipaliteitsdistrik bevestig.

Die minister het bygevoeg dat ‘n totaal van 10568 mense in die Noord-Kaap, tot op hede positief getoets het vir COVID-19.

Daar is 24 mense wat verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegewys is en sal binnekort deur die departement herverdeel word.

Die aantal herstellings in die provinsie staan tans op 6972, wat dui op ‘n herstelkoers van 67%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.