Nóg vier COVID-19 gevalle in Namakwa-distrik bevestig

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister die jongste COVID-19 syfers vir die Noord-Kaap bekendgemaak.

Die Namakwa-distrik het egter nóg vier nuwe gevalle van die virus bevestig, in drie van sy plaaslike munisipaliteitsdistrikte.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik is tot op hede die enigste distrik in Namakwa, wat daaglikse toenames in gevalle toon. ”

“Twee nuwe gevalle is in Nama Khoi deur die gesondheidsdepartement bevestig.”

Die Khai-Ma en Richtersveld plaaslike munispaliteitsdistrikte het intussen beide een nuwe geval bevestig.

Tesame met die nuwe gevalle, bring dit die provinsie se COVID-19 infeksiesyfer op 9 829.

“331 Nuwe gevalle is in totaal na die laaste aankondiging bevestig.”

Die provinsie se dodetal staan tans op 120, terwyl 6 640 persone van COVID-19 herstel het.

Dit laat die provinsie met 3 067 aktiewe gevalle van die virus.

Leave A Reply

Your email address will not be published.