Nóg vyf nuwe COVID-19 gevalle in Nama-Khoi

0

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand in sy gebruiklike toespraak, die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

“Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het na die laaste aankondiging, vyf nuwe gevalle van die virus bevestig. ”

Daar het in totaal 185 persone in Nama-Khoi positief getoets vir die virus, terwyl 97 pasiënte herstel het.

Dit laat Nama-Khoi met 88 aktiewe gevalle van die virus.

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat 158 persone in die Noord-Kaap, sedert Sondagaand se aankondiging positief getoets het.

Dit bring die provinsie se infeksiesyfer op 10 726 te staan, terwyl nóg nege mense weens COVID-19 gesterf het.

Dit bring die provinsiale dodetal op 129 te staan.

7 003 Persone het intussen hertsel, wat die provinsie laat met 3 594 persone met COVID-19 onder lede.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die COVID-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 985 positief bevestigde gevalle gestyg.

Daar is nou ‘n totaal van 627 041 positiewe gevalle in die land, sedert die COVID-19 virusuitbraak in Maart vanjaar.

Daar is 540 923 persone van die virus genees en 14 149 persone het ongelukkig hul stryd teen COVID-19 verloor.

Die land se herstelkoers staan tans op 86%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.