Nóg wateronderbrekings vir Nama-Khoi

0

Die Nama-Khoi regsgebied ondervind nou alreeds ’n geruime tyd, erge waterprobleme.

Die munisipaliteit was voorheen al gedwing om van watertrokke gebruik te maak om water aan dorpe te voorsien in die regsgebied.

Sodoende was die dors van die inwoners geles.

Waterprobleme duur egter nog voort in die regsgebied.

Nama-Khoi Munisipaliteit het aangevoer dat daar weer môre, 6 Maart, ’n wateronderbreking sal wees.

Sedibeng Water en Nama-Khoi Munisipaliteit gaan die probleme ondersoek by die Henkriesmond pompstasie wat gaan lei tot die onderbreking in die watertoevoer.

Inwoners word versoek om houers vol te maak terwyl water nog beskikbaar is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.