Noord-Kaap COVID-19 gevalle steek 1000-kerf verby

0

Die Noord-Kaap het gister nóg een nuwe COVID-19 verwante sterfte aangemeld.

Die Namakwa-distrik het tot op hede nege en dertig COVID-19 gevalle; vyftien in die Hantam Plaaslike Munisipaliteit, twee in Karoo Hoogland, nege in Khai-Ma, twaalf in Nama-Khoi, een in Kamiesberg en daar is nog geen COVID-19 geval aangemeld in die Richtersveld  nie.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gesê dat daar nog een COVID-19 verwante sterfte was, wat die provinsie se dodetal op sewe te staan bring.

Die department is hartseer om te bevestig dat ‘n 64-jarige vrou van die Kareeberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik aan COVID-19 verwante siektes oorlede is.

“Die Minister het ook aangekondig dat die totale aantal mense wat positief in die Noord-Kaap getoets het, 1 039 is.”

267 Persone het herstel van die virus sewe pasiënte het gesterf weens die koronavirus.

Twee pasiënte is na ander provinsies heralokkeer, wat die Noord kaap met 762 aktiewe COVID-19 gevalle laat.

‘n Rekord getal van 13-duisend-674 nuwe gevalle is aangemeld in ‘n 24-siklus in Suid-Afrika.

238 339 Landsburgers reeds die siekte opgedoen het, waarvan drie-duisend-720 dood is.

Daar is 129 sterftes gsiter aangeteken: 37 in die Wes-Kaap en Gauteng, 28 in die Oos-Kaap, 26 in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap.

‘n Totaal van 113 061 persone in Suid-Afrika het herstel van die virus.

Die land het tans 121 558 aktiewe COVID-19-gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.