Noord-Kaap COVID-19 infeksies nou meer as 700

0

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister aangekondig dat daar twee nuwe COVID-19 verwante sterftes in die Noord-Kaap was, wat die dodetal in die provinsie op ses te staan bring.

Die twee pasiënte is ‘n 55-jarige man van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik en ‘n 71-jarige vrou van Kai! Garib Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.

Mkhize het ook ‘n toename in positief bevestigde gevalle aangekondig.

“Die provinsie se bevestigde COVID-19 gevalle het met 48 nuwe infeksies toegeneem van 686 na 734.”

 

Dit is as gevolg van die volgende toevoegings en toekennings:

  • Vyf-en-twintig gevalle in die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Twee gevalle van die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit, drie uit die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit, twee van die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit en vier vanuit die Kareeberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Vyf gevalle van Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.
  • Twee gevalle uit die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik.

Sewe mense is verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegeskryf wat binnekort weer aan ander provinsies herverdeel sal word.

237 Pasiënte het van die virus genees 6 het hul stryd teen die koronavirus verloor.

Twee gevalle is alreeds na ander provinsies in verdeel.

Die Noord-Kaap het huidiglik nog 482 aktiewe gevalle van die virus.

Leave A Reply

Your email address will not be published.