Noord-Kaap hitte stuit nie vir Clifton

Clifton se ries het begin op Sprinbok, via Upington na Kaapstad.

0

Nie vir een oomblik het Conrad Clifton gedink aan die uitmergelende hitte van die Noord-Kaap, toe hy besluit het om per fiets die provinsie aan te vat.

Dit is ter bewusmaking van die toeganklikheids-opritte inisiatief, vir persone wat met gestremdhede saamleef op Springbok en omgewing.

Clifton se ries het begin op Sprinbok, via Upington na Kaapstad.

Dit is meer as 1 500km ter ondersteuning van Rotary Club, om sodoende meer opritte vir persone met gestremdhede te bou.

Toegang vir persone met gestremdhede is ‘n basiese mensereg.

“Dit was ‘n baie emosioneel uitmergelende rit”, het hy gesê.

Hy vertel dat hy een oggend by ‘n vriend aangesluit het vir ontbyt op ‘n plek genaamd ‘Die Werf’.

Na ontbyt het hy nog daar rondgehang, “sekerlik maar om die hitte te vermy”, het hy geskerts.

Daardie oomblik was hy vasbeslote onderweg na Kenhardt.

Net voordat hy gereed gemaak het om te vertrek, ontmoet hy Jason en Sandy Lagan.

Die Lagans se seun, Quaid het ongeveer 10-jaar gelede erge beserings opgedoen, in ‘n motorongeluk op die Ou Kaapse weg.

Die resultate van ongeluk het daartoe gelei dat hy in ‘n rolstoel beland het.

Mnr Lagan het hul huis so toeganklik as moontlik vir hom gemaak, sodat hy maklik daarin kon rondbeweeg.

Die 28-jarige Quaid het uiteindelik geïmigreer na die Verenigde Koninkryk, waar hy vir homself ‘n “normale” lewe kon bou.

Dis hier waar Quaid se strorie ‘n antiklimaks bereik, want presies ‘n maand gelede het Quad aan Covid-19 verwante komplikasies gesterf.

Hy het geweldige uitdagings, asook sy fisiese gestremdheid in sy lewe oorkom, maar ten spyte van al sy pogings, is sy lewe steeds kortgeknip.

Clifton het die rit na Kenhardt suksesvol agfelê ter herinnering aan Quaid.

“‘n Finansiële bydrae, hoe klein dit ookal is, sal van groot waarde wees om ‘n vlaag opritte op te rig vir begunstigdes en persone met gestremdhede, in afgeleë landelike gebiede in Namakwaland.”

Kontak Jeremy O’ryan van die Rotary-klub, by 083 246 3264 of Brunhild Strauss van die Ramp Building Project, by 082 3064 634 vir enige informasie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.