Noord-Kaap inwoners aangemoedig om aansoek te doen vir landbou-grond

0

Inwoners van die Noord-Kaap, word aangeraai om aansoek te doen, vir beskikbare landbougrond in die provinsie.

Dit kom nadat die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, aangekondig het dat meer as 12 000 hektaar staatsgrond, deur voorheen benadeeldes in die provinsie bekom kan word.

Manopole sê die grond is geleë in die John Taolo Gaetsewe-distrik, wat Kuruman insluit, maar enige kwalifiserende inwoner in die provinsie, kan wel aansoek doen.

Sy verduidelik dat vroue, jeugdiges en persone met gestremdhede, voorkeur sal kry om grond vir landboudoeleindes te bekom.

Aansoekers wat wil aansoek doen, moet in gedagte hou dat hierdie grondhervormingsprogram ‘n huurkontrak van dertig jaar insluit met ‘n opsie om te koop.

“Belangstellendes kan aansoekvorms op die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se webtuiste kry, by; www.dalrrd.gov.za, of by die departement se distrikskantore, vóór 16 November 2020.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.