Noord-Kaap KOVID-19 statistieke

"Daar is dertien (13) nuut aangetekende sterftes (wat verband hou met komplikasies met KOVID-19) aangemeld."

0

Die nasionale departement van gesondheid het die afgelope 24 uur ‘n bykomende 229 mense aangekondig wat positief getoets het vir KOVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kummulatiewe totaal van 86 947 mense wat positief getoets het vir  KOVID-19.

ZF Mgcawu het die hoogste infeksies aangemeld met 71 gevalle, gevolg deur Pixley ka Seme (47), terwyl Frances Baard en Namakwa elk 38 gevalle het en JT Gaetsewe (35).

Daar is dertien (13) nuut aangetekende sterftes (wat verband hou met komplikasies met KOVID-19) aangemeld.

Dit is van: Frances Baard (5), JT Gaetsewe (2), Namakwa (1), Pixley ka Seme (1) en ZF Mgcawu (4).

Die totale kummulatiewe sterftes in die provinsie het tot 2 076 toegeneem.

Die department van  gesondheid in die Noord-Kaap betuig hul opregte en innige meegevoel met die families en geliefdes van die oorledenes.

Die aantal aktiewe gevalle staan op 6 729.

Daar is 166 mense wat van die siekte herstel het.

Die provinsiale gemiddelde herstelkoers bly 90%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 78 140 mense verteenwoordig wat van KOVID-19 herstel het.

Vaksienes red lewens

Sedert die inentingsprogram op 17 Februarie 2021 begin het, het die Noord-Kaap ‘n kummulatiewe totaal van 288 140 entstofdosisse aan kwalifiserende mense toegedien, terwyl 163 207 mense volledig ingeënt is, het sy met die enkel dosis Johnson & Johnson entstof of tweede dosis Pfizer entstof.

Leave A Reply

Your email address will not be published.