Noord-Kaap kry entstof hupstoot

"Die datums en plekke vir hierdie veldtog sal teen die einde van hierdie week bekend gemaak word"

0

As deel van die regering se pogings om die gevolge van die dreigende derde golf in die land te beperk, het die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Mnr. Maruping Lekwene, gister ‘n verdere besending van 4 000 dosisse Johnson & Johnson-entstof vir die Sisonke Early Access-program in die Provinsie ontvang.

Dit bring die totale aantal entstowwe wat aan die provinsie afgelewer word op 10 600 te staan.

Die departement beoog om sowat 14 000 gesondheidswerkers in fase 1 in te ent.

Lebogang Majaha, ‘n  woordvoerder vir die Department van Gesondheid in die Noord-Kaap sê die totale aantal gesondheidswerkers wat in die provinsie ingeënt word staan tans op 5 844 sedert die inentingsveldtog wat 17 Februarie 2021 begin het.

Meer as 12 000 gesondheidswerkers het in die elektroniese inentingstelsel (EVDS) in die provinsie geregistreer.

Die Sisonke-span, ondersteun deur die kliniese span van die Departement, het ingestem om 1 000 dosisse vir Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal vir gesondheidswerkers in die Frances Baard distrik, 2000 dosisse aan Kathu LenMed en Kuruman-hospitale vir John Taolo Gaetsewe-distrik se  gesondheidsorgwerkers en 1 000 dosisse vir Dr Harry Surtie-hospitaal in Upington vir gesondheidswerkers in die ZF Mgcawu-distrik.

Volgens Maruping sal die departement ‘n groot bewusmakingsveldtog in die  provinsie loods om die weerstand teen die entstof te verminder wat ontstaan het weens misverstande rondom die veiligheid en doeltreffendheid van entstowwe.

Hierdie veldtog poog ook om gerugte, mites, sameswerings en wanopvattings uit die weg te ruim.

Die datums en plekke vir hierdie veldtog sal teen die einde van hierdie week bekend gemaak word.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.