Noord-Kaap loop deur onder swaar reën

Byna alle distrikte ervaar tans erge reën.

0

Die Noord-Kaap provinsie loop tans erg deur onder ontwrigtende reënbuie, wat in byna alle distrikte in die provinsie gelokaliseerde oorstromings veroorsaak het.

Die provinsie se weer is tipies soortgelyk aan woestyn- en semi-woestyngebiede.

Dit is ‘n groot droë gebied van wisselende temperature en wisselende topografieë.

Die jaarlikse reënval is yl, van tussen slegs 50 tot 400 mm per jaar.

Rampbestuurspanne van verskeie sentrums in die provinsie is sedert die begin van die reënval besig om ‘n impakstudie te doen, om die omvang van die skade te bepaal.

Tot dusver is altesaam 369 huise deur storms geraak, strate is oorstroom en drie sinkgate is in Batlharos, en twee in Wrenchville ontdek.

Die LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley Vass, het gesê ‘n aantal van die paaie in die provinsie is gesluit.

“Motoriste en inwoners word gemaan om veilig en bedag te wees.”

 

LUISTER: LUR Bentley Vass praat oor ontwrigtende reën in die Noord-Kaap:

Leave A Reply

Your email address will not be published.