Noord-Kaap Manne doen hul deel vir PTSD

0

Post-traumatiese stresversteuring (PTSV), kom al hoe meer voor in ons plaaslike gemeenskappe.

Dit word genoem “bomskok”, “gevegsuitputting”, “ongeluk-neurose” of “post-verkragting sindroom”.

Dit versoorsaak ‘n ongemak of ‘n inmenging in jou daaglikse lewe en dit gebeur gewoonlik na ‘n traumatise gebeurtenis.

“Wanneer ‘n persoon deur post-traumatiese stresversteuring gaan, word hy/sy dikwels gekwel deur voortdurende en vreesaanjaende herinneringe, rondom ʼn traumatiese gebeurtenis.”

Trauma word beskou as ‘hel op aarde’.

Daar word gereken dat tot tien persent van die populasie geraak word deur post-traumatiese stresversteuring.

Daar was aanvanlik gedink dat die versteuring net voorkom by oorlogsveterane, maar dit kom by enigiemand voor wat betrokke was in ‘n traumatiese gebeurtenis.

Simptome van post-traumatiese stresversteuring, kom gewoonlik binne drie maande na die trauma voor, maar soms kan die toestand maande, selfs jare neem voor dit sy kop uitsteek.

Mense wat aan post-traumatiese stresversteuring ly, her-ervaar die gebeurtenis of gebeurtenisse op verskillende maniere.

Hulle kry soms skielike herinneringe van die gebeurtenis, asof dit in die “hier-en-nou” gebeur.

Dit kan gebeur in die vorm van terugflitse of drome/nagmerries.

Hierdie herinneringe kan ook aa gehits word, wanneer die persoon blootgestel word aan leidrade wat hom of haar aan hierdie gebeurtenis kan herinner.

‘n Paar jongmanne van die Noord-Kaap het besluit om bewusmaking oor post-traumatiese stresversteuring te doen, deur 25 arm-opstote vir 25 dae te doen.

Keith Bezuidenhout was genomineer deur Vaughn Vollmer en so nomineer die manne elke dag ‘n ander mans-persoon om by hulle aan te sluit.

Hulle wil soveel as moontlik mense bereik en hoop deur dit wat hulle doen, kan hulle die bewusmaking skep vir almal wat aan geestes-ongesteldheid ly.

Verder sê hulle dat die persone wat aan die versteuring ly, moet besef dat hulle nie alleen is nie en dat hulle daar is vir mekaar.

“Moenie bang wees om uit te praat nie!!!”

Leave A Reply

Your email address will not be published.