Noord Kaap onderwysers kom om in ongeluk

"Die skoolgemeenskap is in rou gedompel."

0

Drie Noord-Kaapse onderwysers is Saterdagaand in ’n motorongeluk oorlede en een onderwyser is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die onderwysers was werksaam by Hoërskool Umso in Colesburg en die skoolgemeenskap is in rou gedompel.

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het ná die hartverdskeuerende voorval sy innige meegevoel aan die betrokke families en onderwyssektor gestuur.

Die departement het verder gesê dat dit ‘n groot verlies vir die departement is, aangesien die kollektiewe bydrae van die opvoeders wat gesterf het, weggeruk is van hul leerders en die provinsie.

Die onderwysdepartement, tesame met die departement van maatskaplike ontwikkeling, sal na verwagting hul ondersteuning en berading aan leerders en opvoeders van die Hoërskool Umso bied.

Bron: OFM News

Leave A Reply

Your email address will not be published.