Noord-Kaap plaas beperkings op oorde en vakansiegeriewe

0

In ‘n poging om die verspreiding van die koronavirus te beperk, het die Sol Plaatjie munisipaliteit in die Noord-Kaap, dat daar beperkte toegang tot oorde gedurende hierdie feestyd sal wees.

Die munisipaliteit sê dat hy beperkings sal toepas, en dat dagbesoekers nie by ontspanningstereine toegelaat sal word nie.

‘n Woordvoerder vir die munisipaliteit, Sello Matsie het gesê toegang word net gegee aan diegene wat voorafbesprekings gemaak het, om by hierdie fasiliteite oor te bly.

“Die besluit is van krag tot volgende jaar, 03 Januarie.”

“In ooreenstemming met die Wet op Rampbestuur: Regulasies vir waarskuwingsvlak 1 van die COVID-19-inperking, is dit om die veiligheid van die publiek te verseker, en om die verspreiding van die virus te stuit,” het hy gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.