Noord-Kaap SAPD gee hulde aan ikoniese leier

"Polisiewoordervoerder, Sersant Dikeledi Gopane, het gesê dat gemeenskapslede en kinders wat in die strate van Kimberley-omgewing woon, is ter viering van die Mandela-dag op verskillende punte in Kimberley met 'n ete bedien."

0

Nelson Rolihlahla Mandela, gebore 18 Julie 1918  en oorlede op 5 Desember 2013, was ‘n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsrevolusionêr, staatsman en filantroop wat van 1994 tot 1999 as president van Suid-Afrika gedien het.

Mandela  was die land se eerste swart staatshoof en die eerste demokratiese verkose president in ‘n volkome verteenwoordigende demokratiese verkiesing.

Tydens die Mandela-administrasie het die regering  gefokus op die afbreek van die nalatenskap van Apartheid deur die aanpak van geïnstitusionaliseerde rassisme en die bevordering van rasseversoening.

Sy verjaardag staan jaarliks bekend as Mandela-dag en op die Sondag 18 Julie 2021 het die Suid-Afrikaanse polisiediens saam met die Gemeenskapspolisieforum en Buurtwag uitgereik na behoeftiges in verskeie gemeenskappe in Kimberley.

Polisiewoordervoerder, Sersant Dikeledi Gopane, het gesê dat gemeenskapslede en kinders wat in die strate van Kimberley-omgewing woon, is ter viering van die Mandela-dag op verskillende punte in Kimberley met ‘n ete bedien.

Alle rampbestuur vlak 4-regulasies is nagekom, ontsmettingsmiddel en maskers is aan die kinders oorhandig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.