Noord-Kaap se Covid-19 herstelpersentasie staan op 89%

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mhkize, het aangekondig dat 257 mense positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, tydens die jongste verslagperiode van 24-uur.

Dit bring die kumulatiewe totaal tot op 26 353 positief bevestigde gevallete staan.

Daar was een (1) voorheen bevestigde saak wat weer toegeken is aan die provinsie, as gevolg van die voortgesette proses vir dataverifiëring.

In die nuwe verslag het die Pixley ka Seme-distrik die meeste positiewe gevalle aangeteken (73), gevolg deur Frances Baard (63), ZF Mgcawu (53), Namakwa (51) en JT Gaetsewe (12), terwyl vyf nuwe gevalle nog nie aan distrikte gealokkeer is nie.

Vyf Covid-19 verwante sterftes is aangemeld, waarvan drie afgelope 72-uur plaasgevind het.

Met hierdie nuwe sterftes, staan die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie weens Covid-19 verwante komplikasies op 417.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle staan tans op 2 740 in die provinsie.

Die genesings het effens toegeneem tot 23 194, wat dui op ‘n hertstelkoers van 89%.

Dr Zweli Mkhize, het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, bevestig dat 51 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

“Die 51 nuwe gevalle was geallokeer aan die Hantam-distrik 11, twee onderskeidelik vir die Richtersveld en Kamiesberg, Karoo Hoogland het een nuwe geval, Khai Ma – vier en 31 nuwe gevalle is in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.”

Die totale positief bevestigde Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 035, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.

11 Sterftes is tot op hede bevestig, met een nuwe strefte.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 587 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 1 633 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

14 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 932 aktiewe Covid-19 gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.