Noord-Kaap skole se plasingsproses in volle swang!

"Altesaam 22 585 leerders vir Graad R, 1 en 8 leerders moet geplaas word."

0

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap (NKOD) se plasingsproses is amptelik in volle swang vir die 2022-akademiese jaar.

Altesaam 22 585 leerders vir Graad R, 1 en 8  moet geplaas word voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar wat in openbare skole geplaas moet word.

’n Woordvoerder vir die departement , Geoffrey Van der Merwe, sê ouers of wettige voogde sal ’n stelselgegenereerde teksboodskap (SMS) ontvang.

“Die eerste SMS sal aandui dat die leerder in die eerste ronde plasings geplaas is, terwyl die tweede SMS op 27 September gegenereer sal word om die plasing van die oorblywende leerders te finaliseer,” sê Van der Merwe.

Die stelsel sal laat aansoeke akkommodeer vanaf 27 September tot 8 Oktober vir diegene wat nog nie vir die 2022 skool akademiese jaar aansoek gedoen het nie.

Alle appèlle moet op die aanlyn toelatingstelsel vas gelê word en sal eers op 27 September 2021 begin.

Dit sal slegs oorweeg word op grond van die toelatingskriteria soos deur die Departement uiteengesit.

Alle instapsentrums sal oop wees om ouers / wettige voogde te help met laat aansoeke of appèlle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.