Noord-Kaap skud sy vere reg vir nóg toeriste

0

Die Noord-Kaapse toerisme-owerheid glo dat meer toeriste in die komende dae na die provinsie sal stroom.

Dit kom nadat die jaarlikse “BrightRock Battle of the Sports” -geleentheid, op Verneukpan gister afgeskop het.

Verneukpan, is ‘n wydverspreide, droë soutpan, suid van Kenhardt, tussen Swartkop en Diemansput, in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Die byeenkoms, wat rugby, krieket, marathons en sokker insluit, duur tot 12 Oktober vanjaar.

Sharron Lewis, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Toerisme-owerheid, het in ‘n verklaring gesê dat “sporttoerisme ‘n al hoe belangriker deel van die toerismebedryf in die provinsie geword het”.

Die jaarlikse geleentheid word gehou in samewerking met die nie-winsgewende organisasie, Events to Aid en die provinsiale departement van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme.

Sy voeg by dat hierdie geleentheid toeriste in staat sal stel om onder meer die pragtige natuur, kultuur en erfenis van die provinsie te ervaar.

Leave A Reply

Your email address will not be published.