Noord-Kaap tans in derde golf van Kovid-19

0

President Cyril Ramaphosa het gisteraand tydens Suid-Afrika se familie vergadering bevestig dat die Noord-Kaap deel is van vier provinsies wat reeds in hul derde golf van Kovid-19 infeksies is.

Volgens die president is dit net ’n kwessie van tyd voordat die hele land die derde golf betree.

Die land is geskyf na ’n aangespaste vlak 2 wat van vandag effektief is.

Die volgende maatreёls is in plek gestel:

  • Die aandklokreёl sal 23:00 begin en stop 04:00
  • Nie-noodsaaklike ondernemings soos restuarante, kroeё en gimnasiums moet 22:00 toe maak sodat werknemers betyds by hul wonings kan wees.
  • Alle byeenkomste sal beperk word tot ‘n maksimum van 100 mense binnenshuis en 250 mense buitelig.

Senior burgers bo 60 jaar kan ook registreer vir inentings.

  • Deur die aanlyn registrasieplatform te gebruik wat op die SA Coronavirus-webtuiste beskikbaar is
  • Deur inbel na * 134 * 832 # en registreer via USSD
  • Deur die woord “register” via WhatsApp na 0600 123 456 te stuur
  • Deur die nasionale tolvrye inbelsentrum by 0800 029 999 te skakel, waar iemand sal help

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.