Noord-Kaap vroue in wetstoepassing herdenk vrouemaand

"Die operasie het geëindig met een onwettige immigrant wat gearresteer is en 19 boetes ter waarde van R11 300-00 wat uitgereik is vir die oortreding van die Padverkeerswet."

0

Augustus is ‘n maand wat toegewy is aan die viering van vroue in Suid-Afrika en wat ook hulde bring aan die vroue wat op 09 Augustus 1956 na die Uniegebou opgeruk het in protes teen die uitbreiding van die destydse paswette oor vroue wat bedoel was om vroue te beheer en tot passief te verminder.

Hierdie jaar se Vrouemaand word opgedra aan Charlotte Maxeke onder die tema: “Generational Equality: Realizing Women’s Rights for an Equal Future”.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Luitenant-kolonel Dimakatso Sello, het gesê as deel van die herdenking van hierdie maand het die vroue in Wetstoepassing in die Noord-Kaap op 06 Augustus 2021, ‘n operasie in Colesberg gehou.

Die operasie het ‘n padblokkade by die N1 ingesluit, waar bepalings in die Wet op Rampbestuur ook toegepas was.

“Die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Me. Nomandla Bloem, was teenwoordig om die vroue aan te moedig en te motiveer. Sy het hulle motiveer om slim te wees en nie toe te laat dat omstandighede hulle van hul Godgegewe doel beroof  nie. Die Adjunk -Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Generaal-Majoor Koliswa Otola het ook ‘n woord van motivering gespreek voordat die padblokkades begin het”, het Sello gesê.

Sy het die vroulike lede aangemoedig om nie op hulself neer te sien net omdat hulle vroue is nie.

“Alhoewel ons in die veld is wat voorheen vir mans bedoel was, beteken dit nie dat ons nie net so goed kan presteer soos mans nie. Ons is meer in staat om die wetstoepassing te lei en verandering te bring. Laat ons in mekaar glo en in onsself ”, het sy gesê.

Die operasie het geëindig met een onwettige immigrant wat gearresteer is en 19 boetes ter waarde van R11 300-00 wat uitgereik is vir die oortreding van die Padverkeerswet.

Leave A Reply

Your email address will not be published.