Noord-Kaapse aanlyn aansoeke verloop goed

0

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het gister in ’n persverklaring gesê die aanlyn aansoeke vir die 2021-skooljaar verloop goed.

Die departement het sowat twee weke gelede die aanlyn sisteem geloods.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe het gesê die doel van die aanlyn sisteem, is om lang toue by skole, aan die begin van die jaar te vermy.

Die departement wil ook die gesondheid en veiligheid van leerders, onderwysers en ouers verseker.

Die departement het alreeds meer as 17 000 aansoeke vir die 2021 akademiese jaar ontvang.

“Die aanlyn-toelatingstelsel vir 2021 sal tot 30 September 2020 oop bly.”

Ouers wat nog nie hulle kinders geregistreer het nie, word aangemoedig om dit te doen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.