Noord-Kaapse aanlyn aansoeke vir 2021 skooljaar sluit vandag

0

Ouers en voogde van kinders in die Noord-Kaapse skole het slegs vandag om te verseker dat leerlinge vir die akademiese jaar 2021, by verskillende skole regoor die provinsie geregistreer is.

‘n Woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey van der Merwe, sê as leerlinge nie teen vandag, 30 September by enige skool in die provinsie geregistreer is nie, sal hul aansoeke as ‘laat’ beskou word.

Van der Merwe sê die departement het opgemerk dat die meeste ouers slegs by een skool aansoek gedoen het, wat uitdagings kan inhou, ten opsigte van die plasing wanneer die aansoek as onsuksesvol beskou word.

“Ons sal waarskynlik vandag ‘n skerp toename in die aantal nuwe aansoeke sien, aangesien ouers hulle 2021-toelatingsaansoeke vir leerlinge sal haas, ” het Van der Merwe gese.

“Die Aanlyn Toelatingsisteem het bewys dat dit doeltreffend en effektief is, terwyl dit die aantal aansoeke baie goed hanteer, “voeg hy by.

Van der Merwe sê ouers word aangemoedig om by meer as een skool aansoek te doen, omdat die aanlyn-toelatingsisteem dit moontlik maak vir leerlinge om vir die akademiese jaar 2021, by vyf skole aansoek te doen.

Hy dui aan dat alle aansoeke wat na Woensdag ontvang word, oorweeg sal word op grond van die beskikbaarheid van plek by verskillende skole.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.