Noord-Kaapse boere baat ook by Agri SA se voedselinisitaief

0

‘n Voedselinisiatief van R1 miljard is onlangs van stapel gestuur deur die landboureus, Agri SA.

Die hoofdoel van die inisiatief is om gemeenskappe, wat in kosnood verkeer weens die negatiewe impak van die COVID-19-pandemie, te ondersteun.

Die president van Agri SA, Nicol Jansen sê die vennotskap is gevorm met Food Forward SA.

Jansen sê die goeie nuus is dat gebiede, wat erg onder die Noord-Kaap se voortslepende droogte deurloop, ook voordeel sal trek uit dié inisiatief.

“Gemeenskapslede en plaaslike besighede word aangeraai om betrokke te raak by landbou en veral hulpverlening in die sektor.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.