Noord-Kaapse COVID-19 dodetal steek 50-kerf verby

0

Die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die laagste aantal COVID-19 gevalle, sterftes en herstellings in die land.

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid het gisteraand weereens ‘n toename in gevalle asook sterftes in die provinsie bevestig.

“Daar het tot op hede 54 mense weens die virus in die provinsie omgekom.”

Die positief-bevestigde gevalle in die provinsie het met 293 gevalle gestyg, wat beteken die provinsie is besig om die 6 000-kerf te nader, met betrekking tot bevetigde gevalle.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, het 5 932 gevalle van COVID-19 in die provinsie aangekondig.

Meer as die helfte, 3 069 pasiënte, het egter van die virus herstel.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Suid-Afrika het tans 538 184 bevestigde gevalle van COVID-19, nadat nog 8 307 gevalle aangemeld is.

9 604 Pasiënte het weens die virus gesterf, terwyl 387 316 persone die koronavirus geklop het.

Daar is in totaal 3 149 807 toetse vir COVID-19 in die land uitgevoer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.