Noord-Kaapse kusdorpe berei voor vir toeriste-oplewing

0

Die Noord-Kaap se strande is die enigstes wat nie deur die vlak-3 inperking geraak word nie.

Sake-ondernemings in die toerisme-bedryf is angstig dat hierdie besluit ‘n groot toename in besoekers kan oplewer, en die gereedheid om die toename kan hanteer, nog ‘n kopkrap situasie is.

“President Cyril Ramaphosa het Maandag tydens sy nasionale toespraak bevestig dat Noord-Kaapse strande as “nie-brandpuntgebiede” beskou word, en tussen 06:00 en 19:00 vir die publiek oop sal wees.”

Ramaphosa het ook genoem dat daar sal opgetree word teen landsburgers wat nie die COVID-19 veiligheidsmaatreëls nakom nie.

‘n Anonieme inwoner op Port Nolloth het verklap dat daar alreeds hordes besoekers op Namakwalandse kusdorpies kuier, soos Kleinzee en Hondeklip Baai.

Jeanine Jezznits van die Namakwa kusroete het uitgewys dat die area gewoonlik hierdie tyd van die jaar baie toeriste ontvang.

Volgens Jezznits is daar nog beskikbare verblyf vir individue en klein groepe, maar groter groepe sal uitdagings met besprekings ervaar.

“Ons het ‘n stil seisoen gehad die afgelope tyd, maar dis verstaanbaar. Ons strande kry nóú die aandag waarvoor ons nogal ‘n rukkie voor gewag het”, het sy gesê.

Verder het sy gaste gemaan om asseblief alle COVID-19 veiligheidsmaatreëls noukeurig en deeglik na te kom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.