Noord-Kaapse polisie gereed om GBV te beveg tydens #16DaeVanAktivisme

0

Suid-Afrika betree môre die 16 dae van aktivisme veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders.

Tydens die grendelstaat en die feesseisoen op hande, is dit skokwekkend hoe statistieke van geweld teen vroue en kinders steeds stewige groei toon.

Die Noord-Kaapse polisie het intussen ‘n waarskuwing uitgereik teen die mishandeling van vroue en kinders.

Die polisie doen dus ‘n beroep op gemeenskappe, om gevalle van geslagsgebasseerde-geweld (GBV) en kindermishandeling aan te meld.

Die polisie kon ook bevestig dat hulle baie soortgelyke inhegtenisnemings in die afgelope paar weke gemaak het.

‘n 26-Jarige man van die Noord-Kaap, is verlede Vrydag tot 10-jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy gepoog het om sy seun se lewe te neem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Dimakatso Mooi, het die gemeenskap aangemoedig om enige gevalle van kindermishandeling aan te meld, sodat oortreders die volle mag van die wet in die gesig staar.

“Die polisie in die provinsie doen ‘n beroep op gemeenskappe om hande te vat met die polisie, terwyl die land die 16 Dae van Aktivisme-veldtog binnegaan.”

Die veldtog word jaarliks van 25 November tot 10 Desember herdenk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.