Noord-Kaapse polisie verskerp die greep met Veiliger Feesseisoen-operasie

0

Die Noord-Kaapse polisie het ‘n suksesvolle veiliger feesseisoenoperasie van stapel gestuur, wat enorme resultate opgelewer het.

Die polisie het al vyf polisiёringsdistrike blou geverf.

Polisie-onplooiïngs het in die John Taolo Gaetsewe, Pixley Ka Seme, Frances Baard, Namakwa en ZF Mngcawu distrikte plaasgevind, en só is kriminele aktwiteite dwarsdeur die Noord-Kaap bekamp.

“Senior sowel as junior polisie amptenare het fisiek op die grond gewerk, om te verseker dat die gemeenskappe aan die COVID-19 rampbestuur regulasies voldoen.”

Foto: Verskaf

Openbare parke is voortdurend besoek en geïnspekteer.

Padblokkades en voertuigkontrolepunte is opgestel om die vervoer van onwettige alkohol, onwettige vuurwapens, onwettige goedere, gesteelde vee te bekamp.

Die polisie het ook seker gemaak dat bestuurders nie onder die invloed van alkohol ry nie, en ook dat hul voertuie padwaardig is.

 

  • Verskeie shebeens en taverns is toegemaak en eienaars is in hegtenis geneem omdat hulle die aangepaste Vlak 3 inperkingsregulasies oortree het.
  • Boetes is uitgereik aan 100 persone wat versuim het om hulself tussen 21:00 en 06:00 na hul wonings te beperk.
  • Boetes is uitgereik aan diegene wat versuim het om ‘n masker in ‘n openbare ruimte te dra.
  • Meer as 6 persone is in hegtenis geneem omdat hulle in besit was van drank of die drank vervoer het, so ook vir die onwettig handel in drank.
  • Verskeie onwettige godsdienstige, sosiale, kulturele byeenkomste is verdun aangesien byeenkomste van enige aard nie tydens aangepaste vlak 3-inperkingsregulasies toegelaat word nie.
  • Vuurwerke is gekonfiskeer aangesien nakomingsinspeksies gedoen is om te verseker dat geen kleinhandel, wat nie in besit van geldige permitte is nie, dit nie mag verkoop nie.

Die operasionele lede is geprys vir hul hoё vlak van toewyding tydens die feesseisoen nadat baie gewenste suksesse gelewer is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.