Noord-Kaapse skole slaggereed vir NSS-eksamen

0

Skole regoor die Noord-Kaap, is slaggereed vir die aanvang van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS-) Eksamen.

Daar word verwag dat meer as ‘n miljoen matrikulante, op Donderdag sal sit vir een van die mees belangrikste eksamens in hul loopbane.

Die provinsiale LUR vir onderwys, mnr. Zolile Monakali, sal hierdie week ‘n mediakonferensie oor die gereedheidsgrondslag vir die komende 2020 nasionale senior sertifikaat (NSS) -eksamens hou.

“Die akademiese skooljaar 2020, was ‘n abnormale en uitdagende skooljaar as gevolg van die impak van die COVID-19-pandemie.”

Die Departement doen dus alles in sy vermoë, om die klas van 2020 te ondersteun, en te verseker dat hulle goed voorbereid is vir die finale eksamen.

Monakali sê die Noord-Kaapse departement van onderwys het en sal altyd sorg dat ons ‘n nasionale seniorsertifikaat-eksamen, sonder enige ongerymdhede administreer.

“Ons het altyd die norme en standaarde van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen nagekom, en hierdie jaar is nie anders nie.”

Die klas van 2020 begin met hul NSS-eksamens van 5 November tot 15 Desember 2020.

“Die Noord-Kaap is gereed. Laat ons almal die klas van 2020 ondersteun.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.