Noupoort moordverdagte agter tralies

0

Die lewe van ’n 27-jarige man het op Dinsdag, 10 November, tot ’n einde gekom na ’n beweerde argument hand uit geruk het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat ’n 49-jarige man die slagoffer noodlottig op die bolyf gesteek het.

Die slagoffer het oorvloedig gebloei en uiteindelik aan sy wonde beswyk.

Na bewering het die slagoffer na sy koshuis gehardloop opsoek na hulp.

Tawana sê hy is met sy aankoms by die hospital dood verklaar.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Noupoort-landdroshof verskyn op n klag van moord.

Leave A Reply

Your email address will not be published.