Nuttabooi-myn eis nog ‘n lewe

0

Die polisie in Kleinzee het ‘n geregtelike doodsondersoek dossier geopen na die dood van ‘n 31-jarige man.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, bevestig dat die man dood is nadat ‘n myntonnel ineengestort het op hom.

Die voorval het op Sondag, 07 Maart omstreeks 02:00 plaas gevind.

Na bewering was die oorledene ’n onwettige mynwerker by Nuttabooi myn naby Kleinzee.

Die oorledene se liggaam is om en by 10:00 gevind.

Leave A Reply

Your email address will not be published.