Nuwe ambulans dienste op die dorp

"Toestemming was verkry vanaf Kolonel Andrews en die verkeershoof waar daar onlangs ‘n “tref- en- trap” plaasgevind het om die reaksie van Mosmed waar te neem."

0

Met vele uitdagings wat Namakwalanders ervaar met ambulansdienste, kan hul nou opgewonde uitsien na die nuwe ambulansdienste wat onlangs hul deur ge-open het in Springbok.

Die SAPD Nababeep, Springbok Kluster, Okiep Kliniek, Mosmed, en die Verkeersdienste  het saam gewerk om ‘n tref- en-trapprogram te laat afkom in die hoofstraat van Okiep.

Kolonel Andrews, waarnemende distrikskommissaris van die Kluster, Jacobus Julie, beter bekend as Uncle Koela, Eduard Mostert, Renier Mostert, Nadia Cloete werksaam by Mosmed Paramedic services, het gesels oor die dienste.

Toestemming was verkry vanaf Kolonel Andrews en die verkeershoof waar daar onlangs ‘n “tref- en- trap” plaasgevind het om die reaksie van Mosmed waar te neem.

Die slagoffer in die demonstrasie, was niemand anders as die ankeraanbieder van die program op Radio Nfm 98.1, Kopskuif en ‘n Tweede Kans, Lucinda Raymond.

Raymond het kunsmatige wonde gehad, wat deur Jade gedoen was.

Kolonel Andrews se aandeel  was om seker te maak of sy span nog vining sal reageer as daar ‘n noodgeval sou plaasvind.

Nadat die noodoproep gemaak was, was Mosmed binne  minute op die toneel.

Die mediese span wat opgedaag het was glad nie bewus dat ‘n bekende radio-omroeper vir die demonstrasie gebruik sou word nie en het steeds professioneel opgetree.

Mosnet behandel elke persoon op ‘n gelyke vlak en daar word met leifde omgesien na pasïente.

Cloete het genoem wanneer jy op die toneel aankom en bekende persone die slagoffers is reageer jy soos ‘n “mechanic” wat aan ‘n enjin werk.

Jy doen jou werk en jy probeer om ‘n lewe te red.

Daar is geen gevoelens betrokke nie.

”Jy moet hou waarvan jy doen en om lewens te red moet in jou bloed wees ,“vertel Julie.

 “Ons pas baie streng protokolle toe en behandel elke insident met die nodige vertroulikheid. Met die ontvang van die oproep het die mediese span onmiddellik gereageer. Hulle mag glad  nie kontak met my maak wat die oproep hanteer het totdat die pasiënt by die hospitaal is”, het Eduard gesê.

Eers op kantoor mag hul daardie informasie deel.

Toe die lede agterna by die kantoor opdaag het hulle met hom gedeel dat dit Raymond van Radio NFM was. Alhoewel alles slegs ‘n demonstrasie was het die lede baie professioneel opgetree.

Mosmed paramedic service het ‘n puik diens gelewer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.