Nuwe apteek en lykshuis open in Springbok

"Die lykskouingskamer het 'n onttrekkingstelsel wat vars lug voorsien en die hele gebou is ten volle lugversorg."

0

Donderdag 28 Oktober het die Premier van die Noord-Kaap, Dr Zamani Saul, die Apteek- en Forensiese Lyshuis by die Dr Van Niekerk-hospitaal op Springbok amptelik ge-open.

Die totale gesamentlike kostes vir die twee fasiliteite is R30 miljoen.

Die Premier was vergesel deur die  LUR van Gesondheid in die Noord-Kaap, Mnr Maruping Lekwene, LUR van COGHSTA, Mnr Bentley Vass, Namakwa-Distrik se Uitvoerende Burgemeester, Mnr Mervin Cloete, Burgemeester van Nama Khoi Munisipaliteit, Mnr Riaan Cloete en senior bestuurders in die Departement van Gesondheid.

Die lykshuis bestaan uit ‘n ontvangsarea, 3 kantore vir personeel, raadsaal, volledig toegeruste kombuis, aparte publieke en personeeltoilette, personeelkleedkamers en storte, gesinsonderhoudkamer, liggaamsidentifikasie/besigtigingskamer, laai- en aflaaisone, twee algemene stoorkamers, ‘n volledig toegeruste argiefkamer, ‘n mediese afvalkamer, lykskouingskamer en koelkamers/inloopyskaste.

Die lykskouingskamer het ‘n onttrekkingstelsel wat vars lug voorsien en die hele gebou is ten volle lugversorg.

’n Watertenk van 15 000 liter is met ’n sonpaneelstelsel aan die hospitaalopwekker gekoppel.

Daar is 3 operasionele lykshuise om dienste te lewer.

Die lykshuis is volledig toegerus met moderne toerusting, insluitende persoonlike beskermende klere vir personeel en skoonmaakmiddels om aan infeksiebeheermaatreëls te voldoen.

Die apteek bestaan uit behoorlike grootte wagarea met ‘n semi-privaat resepteer area, Privaat resepteer area, Behoorlike Vervaardigingsruimte, aparte badkamergeriewe vir beide pasiënte sowel as personeel, Entstofyskas en koelkamer vir rugsteunberging vir die distrik, aparte kamer vir medisyne wat verval het, laminêre lugvloeikas vir onkologiemedisyne vermenging, behoorlike ontvangsdok met sekuriteit,  en rugsteunberging vir medisyne in die Namakwa-distrik.

Hierdie nuwe fasiliteite sal veral die druk op die bestaande infrastruktuur in die streek verlig en bydrae tot dienslewering waarop inwoners in Namakwaland in beginsel geregtig is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.