Nuwe GBV-hulplyn gaan vroue-veiligheid verseker

0

Die National Shelter Movement in Suid-Afrika het Maandag gesê die bekendstelling van ‘n hulplyn vir diegene wat deur geslagsgeweld geraak word, sal help om die plaag te verminder.

Die gratis hulplyn (hotline) wat op 2 Desember van krag sal wees, sal oorlewendes help om by hul naaste skuiling uit te kom, vir beskerming en veiligheid.

Bernadine Bachar van die beweging het gesê dat dit moeilik was vir vroue om ‘n plek van veiligheid te kry, veral tydens die COVID-19 pandemie asook die nasionale staatsinperking.

Sy vertel dat sommige vroue ook nie geweet het watter dienste tot hulle beskikking was, tydens die inperking nie.

“Die hulplyn is daargestel vir vroue om inligting te verky van beskermingsbevele, of hoe om klagtes in te dien by polisiekantore.”

Bachar vertel verder dat die hulplyn presies het wat oorlewendes nodig het om só ‘n situasie te kan ontsnap.

Terwyl Suid-Afrika die 16 dae van aktivisme veldtog môre gaan betree, het sy gesê dat dit belangrik is vir vroue om te weet dat hulp vir hulle beskikbaar is.

“Die hulplyn is net een daarvan.”

Slagoffers van GBV kan ook die Saartjie Bartman-sentrum skakel – wat altyd die mees kwesbaarste vroue bystaan.

Enige sentrum of “veiligheidshawe” moet deel uitmaak van die National Shelter Movement of South Africa, en sodoende gaan vroue en kinders dan die nodige hulp en ondersteuning kry, om GBV-trauma te klop.

Leave A Reply

Your email address will not be published.