Nuwe Kovid-19 gevalle net vir Nama-Khoi regsgebied aangemeld

"Sowat 35 752 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 844 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 18 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak, wat toegeken is aan die Nama Khoi regsgebied.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 295, met 4 560 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 671 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 145 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 40 488.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 900.

Sowat 35 752 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 844 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.