Offisier sing van liefde

"Daar is ook vele Suid-Afrikaanse kunstenaars waarmee sy wil werk soos onder andere Karlien van Jaarsveld, Early B en vele meer."

0

‘n Kunstenaar van die Wes-kus, Tesnique Malgas, se boodskap aan alle vrouens hierdie Vrouemaand is, dat sy trots is op alle sterk vroue en dat dit ‘n voorreg is om ‘n vrou te wees.

Op die ouderdom van 6jaar het Malgas reeds begin om te sing.

Sy het haar sangtalent ontdek toe sy ‘n skooltaak vir Kreatiewe Kunste moes doen.

Sy sê ook dat sy nie daaraan gedink het om musiek haar loopbaan te maak nie, maar hoe meer sy daaraan aandag geskenk het, hoe meer het sy dit begin geniet.

“Ek sal nie omgee om dit voltyds te doen nie. My eerste beroepskeuse was om ‘n offisier op die see te wees en huidiglik staan ek in die posisie. Ek skryf my eie musiek en vind veral inspirasie in die liefde”, het Malgas gesê.

“Daar is te min liefde in hierdie wêreld en iemand moet mense herinner dat ware liefde wel bestaan”, voeg sy by.

Haar verhoognaam is Tess-E en nadat sy ‘n paar videos op Facebook geplaas het, was sy genader deur twee musiekvervaardigers naamlik Kadburii en Razor, met wie sy tans mee werk.

Daar is ook vele Suid-Afrikaanse kunstenaars waarmee sy wil werk soos onder andere Karlien van Jaarsveld, Early B en vele meer.

“Moet nooit opgee, droom groot dat dit jou bang maak, en werk hard om dit ‘n werlikheid te maak, want aanhouer wen”, is Tess-E se bemoediging aan ander kunstenaars en veral vroue.

Malgas se musiek is beskikbaar op audiomax en Instagram asook, haar Facebook blad ,Tess E.

Leave A Reply

Your email address will not be published.