Okiep-gemeenskap en polisie intensief opsoek na Mona Louw

0

Remona Louw (28), beter bekend as Mona – oorspronlik van Bersig – is oor die naweek by die Nababeep-polisiestasie as vermis aangemeld.

Louw het na bewering vanaf 13 November op Okiep gekuier, en is vanaf Vrydag, 20 November omstreeks 23:30 skoonveld.

Dit kom nadat sy laas by ’n tavern in die area gewaar is.

’n Woordvoerder vir die polisie, Speurkonstabel Desiree Cloete, kon aan NFM Nuus bevestig dat Louw laaste gesien was op 21 November, omstreeks 17:00, op die N7 pad naby Harmony Estate.

“Sy was laaste gesien geklee in ‘n tiervel tight, ’n roesbruin t-hemp en ’n groenkleurige top.”

Speurkonstabel Cloete bevestig dat Louw kort is met ’n ligte gelaatskleur en kort swart hare.

“Sy is 1,5 meter lank en weeg sowat 50kg,” sê Cloete

Remona is die ma van twee kinders, wat woonagtig is op Okiep.

“Enige persoon met informasie rondom die verdwyning van Remona “Mona” Louw kan die Nababeep Speurdiens kontak by 082 485 5305.”

Die ondersoek beampte doen ’n beroep op die gemeenskap om belangstelling aan mekaar te toon, om sake soos dié te vermy.

NFM Nuus het vroeër bevestiging gekry dat gemeenskapslede van Okiep, Kamp 2 ‘n intensiewe soektog geloods het, sodat Louw opgespoor kan word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.