Okiepkunstenaar wil meer skep

"Jolene Cloete, ‘n opkomende ontwerper is ‘n introvert en ‘n nederige mens."

0

Dis nie aldag dat ontwerping as ‘n talent raak gesien word nie , maar ‘n jongdame van Skietbank in Okiep het nie toegelaat dat dit haar liefde vir ontwerp terug hou nie.

Jolene Cloete, ‘n opkomende ontwerper is ‘n introvert en ‘n nederige mens.

Sy is haar lewe lank nog in Okiep waar sy ook skool gegaan het. Haar belangstelling was nog altyd in die kunste en sy het reeds op laerskool aan dans-en kunsklasse deel geneem. Ek kan my beter uitdruk in die kunste”, vertel sy opgewonde.

Op hoërskool het sy visuele kuns en ontwerp as vak gekies weens haar liefde vir teken en skilderkuns.

“Die kuns het my baie gehelp met selfvetroue en ek twee onderwyseresse gehad, naamlik juffroue May en Langdown, wat my gehelp het om my kunsloopbaan te bevorder.

Jolene Cloete se ontwerpe

Ek het nog nie die geleentheid gekry om my ontwerpe aan ‘n kundiges voor te stel nie,” het sy gesê.

Alhoewel sy trots is op haar kreatiewe handewerk is die tekort en toegang tot veral materiaal en toerusting haar grootste uitdaging om meer kunswerke te skep.

Cloete kry haar inspirasie uit die erfenis van Namakwaland asook  vroue uit die verlede.

Haar gunsteling kunswerk is die van Sarah Baartman.

Sy het ‘n beeldhouwerk van Baartman gemaak wat die mishandeling van Baartman uitbeeld.

Sy skilder ook fotos vir haar  gemeenskap en  het al verskeie rokke ontwerp waarmee haar kliënte baie tevrede is.

“Om enige droom te bereik verg harde werk en geloof in jouself en volgehoue gebed is boustene tot enige sukses”, vertel hierdie talentvolle kunstenaar van Okiep.

Foto: Verskaf
Skildery Jan van Riebeeck gedoen deur Jolene Cloete
Leave A Reply

Your email address will not be published.