Olifantshoek SAPD benodig hulp om vermiste persoon op te spoor

"Kaptein Sergio Kock, ‘n polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het bevestig dat Leandra laas op 3 September 2021 gesien was toe sy gestuur is om geld uit die OTM te trek."

0

Die SAPD in Olifantshoek vra hulp by die opsporing van Leandra Mocumi (24).

Sy is woonagtig te Ditloung 18 in Olifantshoek.

Kaptein Sergio Kock, ‘n polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het bevestig dat Leandra laas op 3 September 2021 gesien was toe sy gestuur is om geld uit die OTM te trek.

Sy het ‘n rooi en wit hemp, blou jeans en swart skoene aangehad.

“Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Sersant Kagiso Mqaisa bel by 073 840 2654. Die ondersoek duur Voort,” het Kaptein Kock gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.