Olifantshoek-trio vas vir gewapende roof en die besit van ‘n vuurwapen

Drie verdagtes is Maandag op Olifantshoek in hegtenis geneem.

0

Drie verdagtes is op Maandag, 01 Februarie, in hegtenis geneem op Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Twee verdagtes van 27 en 34-jaar oud is vir poging tot gewapende roof in hegtenis geneem.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Damakatso Mooi het bevestig dat die verdagtes die slagoffer op die been geskiet het voordat hulle gevlug het.

“Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat die vuurwapen wat gebruik is om die misdaad te pleeg, verkoop is.”

Mooi sê dat die man wat die vuurwapen gekoop het, ook in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Al drie verdagtes sal binnekort voor die Olifantshoek-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.